


RYS IN ‘N WARMWATERFLES
Voeg 1 koppie rys (Tastic) in ‘n warmwaterfles en vul met kookwater. Laat dit staan vir 1.5 uur.
Indien dit basmatie rys is, dan los ek dit net 1 uur in die fles.
Giet die rys uit in ‘n vergiettes en spoel die rys met skoon water af.
Hier kan jy besluit of jy dit afspoel of nie, dit is jou eie keuse, maar ek spoel altyd die rys af na die tyd.
Voeg sout by na smaak.
Mens spaar so baie krag.
Soms gebruik ek bietjie meer as net ‘n koppie rys, ongeveer 1 ¼ koppie.
Teen die tyd wat ek klaar is met die kos, is die rys ook klaar, geen geroer en gekook nie.
Dis elke keer ‘n wenner.
Maar onthou, water moet gekook wees en dadelik ingegooi word.
Resep en foto: Deidre Mouton
One thought on “RYS IN ‘N WARMWATERFLES”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done