

APPELJELLIE-MINTJELLIE EN RISSIEJELLIE
Appeljellie, Mint Jellie en Rissiejellie (hier het ek gekapte rissies by die sap gevoeg nadat dit deurgesyg was).
Appeljellie, Mintjellie, Rissiejellie, Roosmarynjellie:
2.5 kg suurappels soos Granny Smith
1.2 liter water
1.2 liter druiweasyn
750 g tot 900 g suiker vir elke liter vloeistof deurgesyg (hang af hoe soet jy dit wil he) Sny die appels met skille, klokhuisies en pitte in stukke. Voeg die water by. Verhit tot kookpunt, kook tot vrugte sag is (ongeveer 1 uur) met deksel op Roer af en toe. Voeg die asyn by en kook nog 5 minute lank. Syg die sap 12 uur lank deur ‘n moeseliendoek.
Vir elke liter sap, voeg 750 g tot 900 g suiker by.
Verhit oor lae hitte totdat suiker opgelos is, roer af en toe.
Kook totdat stolpunt bereik is.
Skep die skuim af.
Bottel warm.
Vir die variasies:
Mint Jellie: Voeg 1 koppie fyngekapte mint by die appels
Roosmarynjellie: Voeg 100 ml fyngekapte roosmaryn by die appels
Rissiejellie: Voeg 3 fyngekapte rissies by die appels
Resep en foto – Petré Van Jaarsveld






