PETRE SE VRUGTE WORTELKOEK
Weer een van my “bietjie van dit – bietjie van dat” koeke … Foto is my eie …
4 eiers
1 ½ koppies suiker
1 koppie kookolie
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 teelepel fyn kaneel
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel fyn neut
¼ koppie klapper
1 ½ koppies fyn gerasperde geelwortels
1 ½ koppies fyn pynappel
1 piesang fyngedruk
1 kleinerige appel fyn gerasper
¼ koppie koekmengsel (die met die sultanas en vrugte skil in)
¼ koppie cranberries
½ koppie fyn gekapte neute
Klits eiers en suiker tot lig en donsig. Voeg kookolie by en meng goed. Sif droe bestanddele goed saam. Meng koekmengsel en neute en klapper met droe bestanddele. Voeg geklitste mengselby, asook geelwortels, appel en piesang. Meng goed. Skep uit in 2 x 20cm koekpanne. Bak teen 180ºC vir 50 minute. Laat staan in panne vir n paar minute nadat dit uit die oond gehaal is, en laat op rakkies koud word
Roomkaas versiersel:
100 g botter/margarien
124 g gladde roomkaas
2 koppies versiersuiker
1 teelepel vanilla geursel
Meng versiersuiker en botter tot glad. Voeg roomkaas en vanilla geursel by. Meng stadig tot goed gemeng. (Moenie vinnig meng nie .. Dit raak slapper hoe langer gemeng word, moet ook nie klits nie)
Sit in yskas vir ‘n tydjie om ‘n stywer versiersel te kry.
FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld
2de foto: Wortelkoek vir namiddag tee.
Ek het elke laag in 2 gesny en met die Heerlike versiersel op die stoof gevul… Net buite om is die Roomkaas versiersel.
Foto van Resep: Petré Van Jaarsveld
Mini wortelkoek broodjies – gebruik die pannetjie en bak vir 20 min by 180ºC
Kry 16 broodjies uit.
Hoof foto se versiersel:
Roomkaasversiersel:
¾ koppie margarien/botter
1 koppie cremora
1 teelepel vanieljegeursel
2 koppies versiersuiker
Klits margarien, cremora en vanilla geursel baie goed saam totdat margarien begin wit raak. Voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by en klits goed..
Petré Van Jaarsveld
Sommer net vir poeding vanmiddag….
Ek het die “Heerlike versiersel op die stoof” gebruik, ekstra suiker bygevoeg en n bakkie Lancewood Roomkaas..