

KORINGBIER
Was 250 ml (1 koppie) broodkoring deeglik en laat dit 24 uur lank in koue water week.
Gooi die water af en voeg die volgende daarby
250 ml (1 koppie) bruinsuker
6 gekneusde rosyntjies
2,5 ml (1/2 teelepel) droe gis
1,5 litre (6 koppies) lou water
Roer tot die suiker opgelos is en sit die deksel liggies op. ‘n Groot vrugtefles of ‘n erde emmertjie wat 1,75 Liter bevat, is ‘n geskikte houer.
Laat dit 24 uur lank staan en gooi die vloeistof af. Bottel en laat dit 12 tot 24 uur lank staan voor dit gebruik word.
Gooi weer 250 ml (1 koppie) bruinsuiker by die koring en die rosyne, voeg 1,5 liter (6 koppies) lou water by, roer dit om en laat dit weer 24 uur lank staan voor dit afgegooi word.
Herhaal die proses elke dag en bottle die vloeistof wat afgegooi word.
Twaalf tot 24 uur nadat dit gebottel is, sal die bier gereed wees. Dien dit koud op.
L.W. Die eerste 2 of 3 keer sal die bier baie flou wees en ‘n lang tyd in beslag need nadat dit gebottel is, om te gis. Dit kan weggegooi word en eers na die derde toevoeging van suiker en water gebottel word.
Die proses kan 5 tot 6 weke lank elke dag herhaal word met die gebruik van dieselfde koring. Wanneer die gisting goed aan die gang is, moet dit nie langer as 12 uur gelaat word voor die bier afgegooi word nie, anders sal die koring suur word.
Om met vars koring ‘n nuwe begin te maak, is dit raadsaam om 25 tot 37 ml (2 tot 3 eetlepels) van die gedruikte koring by te voeg om die gisproses gouer aan die gang te sit.
Indien ‘n paar stukke gekneusde gemmer en/of ‘n paar stukke pynappelskil by die koring gevoeg word, sal dit die smaak van die bier verbeter






