

PETRE SE KERRIE KOMKOMMERSLAAI
8 komkommers in wiele gesny (ek het die wiele in kwarte gesny vir ‘n fyner slaai)
2 groot uie dun in halwe ringe gesny
2 knoffelhuisies fyngekap
4 koppies asyn (Ek gebruik bruinasyn)
1 koppie water
1,25 kg suiker
1 eetlepel sout
1 teelepel rooipeper
2 eetlepels fyn gemmer
2 teelepels mosterdpoeier
4 teelepels kerrie (ek het n mengsel wat alles bevat borrie, komyn, kardamom, ster anys ens)
1 pakkie pickling spice
1 rooi rissie fyn gekap
Mielieblom om mengsel te verdik indien te loperig
Kook alles saam, behalwe die komkommers vir 10 minute of tot uie deurskynend is.
Voeg komkommers by en kook tot sag, maar nogsteeds stewig … Bottel warm
BRON – Petré Van Jaarsveld






