

BASAARPOEDING IN ‘N BOTTEL
Die is my eie weergawe van “basaar poeding”
Ek het 40 botteltjies gemaak.
3 pakkie jellie
1 blik kondensmelk
1 blik Idealmelk
Maak 3 aparte bakke jellie aan soos aangewys op die pakkie en koel 2 af tot kamertemperatuur.
Die ander bak jellie kan sommer dadelik in die bottels geskep word om die onderste laag te vorm, plaas solank in die yskas.
Vir die ander 2 lae:
Sodra die jellies kamertemperatuur is, klits die kondensmelk by die 1 bak jellie en skep bo-op die eerste laag jellie in die bottels.
Plaas weer in die yskas.
Klits die Idealmelk styf, klits die laaste jellie daarby in en skep op die ander 2 lae.
Laat stol die poedings. Versier bottels na eie keuse.
Bron en foto: Leandri Potgieter






