

APPELKOOSKOEKIES VIR DIABETE
(Lewer 40 stafies)
150 ml “lite” margarien
200 ml bruinsuiker
1 eier
5 ml vanieljegeursel
500 ml meel, gesif voordat dit afgemeet is
250 ml hawermout
5 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml fyn kaneel
150 ml appelkoossmeer
Room die margarien en suiker tot lig en donsig, maar nie langer as 2 tot 3 minute nie. Voeg eier en vanieljegeursel by en klits 1 minuut. Sif die meel en bakpoeier en voeg by die mengsel. Meng.
Voeg die hawermout, sout en kaneel by en meng tot ‘n sagte, krummelrige deeg. Voeg ‘n bietjie afgeroomde of laevet melk by, indien nodig. Druk en tik die helfte van die mengsel in ‘n gesmeerde rolkoekpan van 30 cm x 20 cm. Smeer egalig met appelkoossmeer en rasper orige deeg bo-oor. Bak 25 tot 30 minute teen 180°C. Laat afkoel en sny in 40 stafies, vingers of koekies.
Dieetkundige se aantekening:
Onthou, die GI van n beslag kan verhoog as dit te lank of te vinnig geklits word. Indien jy nie diabetiese (suikervrye) appelkoossmeer in die hande kan kry nie, kan jy gewone appelkooskonfyt gebruik. Die GI sal dan verhoog tot 62. As die konfyt of smeer heeltemal weggelaat word, verhoog dit die GI tot 66.
Voedingswaarde per koekie:
Glukemiese indeks 57, vet 2g, koolhidrate 12 g vesel 0,5 , proteien 1g kJ 299
Een koekie is gelyk aan 1/2 stysel en 1/2 vet.
Resep: Petré Van Jaarsveld
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.






