KOEKSISTERS-KOOK EN GENIET
4 k meelblom
1/2 t sout
6 t bakpoeier
2 e botter
1 eier
1-1.5 k melk
Olie om in te bak
1. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter met die punte van die vingers daarin.
2. Klits die eier, voeg die melk of the water daarby en maak dit aan tot ‘n sagte deeg. Knie dit goed tot dit glad is. Laat dit 2 uur of langer staan.
3. Rol die deeg 1cm (1/4 tot ½ duim) dik uit, sny dit in repies en vleg of draai hulle.
4. Bak hulle 1 tot 2 minute lank in warm diepvet by 190°C (375°F) tot hulle ligbruin van keur is. Sit 5 tot 6 koeksisters gelyktydig in die vet of olie.
Laat aan die een kan bruin bake n draai dit dan met ‘n vurk om, om die ander kant bruin te bak.
5. Haal hulle met ‘n skuimspaan uit, dreineer hulle ‘n oomblik lank op bruinpapier en dompel hulled an ‘n paar sekondes lank in die koue stroop.
6. Lig hulle met ‘n ander skuimspaan uit sodat die stroop kan afdrup en laat hulle effens droog word op ‘n plat vleisskottel of bak.
Stroop
4 k suiker
1.5 k water
½ t kremetart
½ t fyn gemmer
Twee stukke pypkaneel
Los die suiker in die water op. Voeg die kremetart, gemmer en kaneel by en laat die stroop 5 minute lank kook. Laat did af koel voor dit gebruik word.
Bron: Kook en geniet
Foto: Natasha Pennington