

MARIANNE SE TUISGEMAAKTE GEKRUMMELDE CALAMARI EN SAMPIOENE
Ek ontvries die calamaribuis en sny in ringe.
Plaas in bak en gooi vinnig kokende water oor, dreineer en spoel met koue water af.
Laat droog word.
Gooi bietjie koekmeel in n sakkie en skud die ringe daarin tot oral oor bedek.
Doop in eier waarby klein bietjie water gevoeg is (dit maak die degie lekker bros) en dan in krummels en plaas halfuur in yskas voordat in diep olie braai. Net vinnig tot ligbruin.
Krummels:
Gelyke hoeveelhede droe broodkrummels, koekmeel en fyn corn flakes, fyngekapte pietersielie, suurlemoenpeper na smaak, visspeserye, aromat en sout na smaak. Maak baie fyn in voedselverwerker. Die speserye en kruie is maar jou eie keuse. Ek wissel dit af met waarvoor mens lus voel.
Die sampioene skud ek ook in n sakkie met koekmeel, doop dan in eier en dan in krummels. Plaas ook in yskas vir so halfuur
RESEP EN FOTO: Jacques Marianne Van Niekerk (Lid)






