KLAPPERMELK TERTHAPPIES
Lewer 20 tot 24 happies.
MELKPAP:
150 ml koekmeel
50 ml mielieblom
50 ml vlapoeier
200 ml suiker
1 liter volroommelk
2 stukke pypkaneel
2 ekstra groot eiergele
5 ml vanielje-of amandelgeursel
geroosterde klapper
appelliefies en bloubessies, vir voorsit
Smeer of spuit ‘n oondbak goed.
MELKPAP.
(Meng die meel, mielieblom, vlapoeier en die helfte van die suiker.
Roer 125 ml melk by.
Verhit die res van die melk saam met die pypkaneel tot net onder kookpunt, voeg sowat 125 ml van die kookmelk by die meelpasta en meng goed en roer die gladde pasta stadig by die kookmelk mengsel. Klits dat geen klonte vorm nie. Verhit tot mengsel kook en verdik.
Roer gedurig.
Verwyder die kaneel stokkie.
Klits die eiergele en die res van die suiker goed saam, voeg ‘n bietjie van die warm pap by die eiergele en meng.
Voeg eiermengsel by die res van die melkpap in die kastrol en meng goed.
Verhit oor lae hitte en laat kook; roer gedurig.
Roer die geursel by.
Giet in die oondbak en laat afkoel tot yskoud.
Keer op ‘n plank en sny in blokkies.
Rol die blokkies in die klapper.
Sit voor saam met appelliefies en bloubessies.
HEERLIK VERBY
Foto en resep geplaas deur: Ronel Muller Thoma








