PETRé SE WORTELKOEKBLOKKIES
Wortelkoek:
4 eiers
1 ½ koppies suiker
1 koppie kookolie
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 teelepel fyn kaneel
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel fyn neut
½ teelepel koeksoda
¼ koppie klapper
3 koppies fyn gerasperde geelwortels
1 piesang fyngedruk
1 kleinerige appel fyn gerasper
½ koppie koekmengsel (die met die sultanas en vrugte skil in)
½ koppie fyn gekapte neute
Klits eiers en suiker tot lig en donsig. Voeg kookolie by en meng goed. Sif droë bestanddele goed saam. Meng koekmengsel en neute en klapper met droë bestanddele. Voeg geklitste mengsel by, asook geelwortels, appel en piesang. Meng goed. Skep uit in 2 x 20 cm koekpanne. Bak teen 180ºC vir 50 minute. Laat staan in panne vir ‘n paar minute nadat dit uit die oond gehaal is, en laat op rakkies koud word.
Roomkaas versiersel:
100 g botter/margarine
124 g gladde roomkaas
2 koppies versiersuiker
1 teelepel vanilla geursel
Meng versiersuiker en botter tot glad. Voeg roomkaas en vanilla geursel by. Meng stadig tot goed gemeng. (Moenie vinnig meng nie .. Dit raak slapper hoe langer gemeng word. Moet ook nie klits nie)
Sit in yskas vir n tydjie om n stywer versiersel te kry.
Vir n bokskoek maak ek die beslag 2 maal aan.
Bak dit dan in ‘n uitgevoerde bierboks.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld