
HOPS SUURDEEGPLANTJIE
Kan hops by ‘n gesondheids winkel koop of by ‘n apteek. Dit is gewoonlik by die gesondheids produkte.
Suurdeegplantjie:
Kook ongeveer 1 koppie rosyntjies (met pitte) en drie koppies water totdat die rosyntjies sag is. Laat afkoel tot louwarm en druk rosyntjies fyn.
Kook ongeveer 3 gelykvol eetlepels hops en 3 koppies water. Bring net tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm, sif deur en gooi vloeistof by rosyntjies.
Laat staan vir ongeveer 48 uur totdat dit goed “kook”. Wanneer wil gebruik, sif deur ‘n groot sif en gebruik die vloeistof (gooi die rosyntjies weg). Gebruik ongeveer 2 koppies suurdeeg vir brood.
Jy gebruik ‘n plantjie van die vloeistof (sonder die rosyntjies) en gooi sout, suiker en meel by en laat staan dit om te rys.
Wanneer die meel opstyg is dit reg. [Jy kan die plantjie oor en oor gebruik deur dit “in te suur” met dieselfde metode soos bo. Die hops suurdeeg is baie lekker en gee die brood/beskuit ‘n
lekker smaak.






