
AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE SONDER DIE KITSGIS
2 koppies lou water
1 groot ongeskilde aartappel in 8 blokkies gesny
3 teelepels suiker
1 koppie meel
1/2 halwe teelepel sout
Metode: plaas aartappel,suiker en sout in die lou water. strooi koppie meel liggies oor. roer dit net 2 keer. sit dit in houer wat 2 keer die volume van die beslag kan neem. bedek dit met doekie en sit dit dan in plasieksakkie en vou die houer toe in ‘n kombers. laat dit oornag staan. Die volg. dag kan jy ‘n halwe koppie uitskep om brood mee te bak. die res word dan in glas houer gesit en in die yskas gehou. dit kan so 3 weke lank gehou word. Die plantjie kan gebruik word vir enige suurdeeg beslag. As die vloeistof klaar is gooi net weer helfte van water, suiker, sout en meel by.
(Resep van RSG)






