

DUIWELSRIB
Varkribbetjies
5 eetlepels suiker
2 eetlepels asyn
1 huisie knoffel, gekap
1 eetlepel marmite
1 eetlepel mielieblom (Maizena)
2 teelepels gemaalde gemmer
Kook ribbetjies stadig in ‘n bietjie water totdat die bene uitgetrek kan word.
Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan hanteer en sny dan in vierkante.
Meng res van die bestanddele en doop vleisvierkante daarin.
Rooster oor warm kole vir 8 – 10 min.
Bestryk weer met marinade en draai vleis om.
Rooster vir dieselfde tydperk en bedien wanneer gaar.
Dit kan warm of koud bedien word.
Die oorblywende sous word ook bedien,
Sukkies vleis kan daarin gedoop word soos ‘n doopsous.
Nota Pieta:
Instede daarvan om die rib te kook, bak ek myne in die oond, toe met foelie by 180°C tot sag. Ek gebruik wel gerookte rib, daarom bak ek dit sodat ek nie die geur/smaak verloor in die kookproses nie.
Foto: Pieta Van Der Walt







Instede daarvan om die rib te kook, bak ek myne in die oond, toe met foelie by 180 grade tot sag. Ek gebruik wel gerookte rib, daarom bak ek dit sodat ek nie die geur/smaak verloor in die kookproses nie.