VULSEL VIR EIERS
ek druk die eiergele fyn en meng dit met n bacon smeerworsie ( afhangende hoeveel eiers jy wil vul , dalk 2 worsies, bacon en hoender), asook mayonaisse. Dit moet nie te slap wees nie. Gebruik dit net so, of meng fyngekapte agurkies/ fyngekapte olywe/ fyngekapte kruie by. Ek deel dan n ringetjie agurkie in 4 , neem 1 deel , druk in die gevulde eier sodat die helfte uitsteek … stukkie peppadew vir kleur en strooi fyngekapte pietersielie oor ..
As dit baie eiers is wat gevul moet word, dan gaan daar van die vulsel oorbly … Dit wat oorbly meng ek dan met botter, en gebruik dit om snoepbroodjies mee te maak .. Net een skyfie komkommer of tamatie in die middel van die broodjie .. Sny in driehoekies .. So word alles dan gebruik
Bron en Foto: Petré Van Jaarsveld








