DIABETIESE SJOKOLADE KOEK
Diabetiese Sjokoladekoek gebak en dit versier met Sjokolade Mousse en gerasperde Canderell sjokolade. Dis ‘n lekker klam koek en Proe heerlik.
125 ml kakao
5 ml Nescafe Classic koffiepoeier
250 ml kookwater
5 eiers geskei
125 ml Selati versoetter
130 ml kookolie
5 ml vanielje geursel
425 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
100 ml koue water
Stel oond op 180º C. Maak die kakao en koffiepoeier aan met die kookwater. Daar moet geen klonte wees nie. Laat afkoel en gooi die kouewater by. Klits die eiers en die Versoetter saam tot sponserig. Voeg kakao-mengsel kookolie en vanieljegeursel by en meng goed. Sif die doeë bestandele saam en voeg ook by. Klits die eierwitte lekker styf en vou by die mengsel in. Skep in panne en bak vir +-30min tot gaar. Keer uit en versier soos verkies.
Sjokolade Mousse versiersel.
1 sakkie Tantalize Mousse poeier(daar is twee in die boksie)
300 ml volroom melk (baie koud)
Canderell Sjokolade en klein bietjie klapper vir versiering.
Klits die mousse-poeier en melk tot lekker styf en smeer tussen koek-lae en bo-op. Strooi sjokolade en klapper oor. Geniet.(Ek hou die koek in die yskas anders smelt die mousse)
BRON – Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.








