

PETRE SE KFC KOOLSLAAI
1 medium kool
1 geelwortel, in stukke gesny
2 eetlepels uie, baie fyn gekap
Sous:
1/2 koppie mayonnaise
1/4 koppie melk
1/4 koppie karringmelk
1/3 koppie suiker
1/2 teelepel sout
Bietjie peper
1 1/2 teelepels wit asyn
1 1/2 teelepels suurlemoensap
Kap helfte van kool fyn in voedselverwerker. Skep uit. Kap ander helfte van kool en geel wortel fyn. (Druk liewers die pulse knop van die voedselverwerker ‘n paar keer, anders gaan die kool soos ‘n mousse uitkom). Voeg by ander gekapte kool en voeg fyn gekapte uie by. Meng goed.
Sous:
Meng al die bestanddele van die sous saam totdat al die suiker opgelos is en klits goed met ‘n draadklitser tot glad gemeng. Gooi oor slaai en meng goed deur. Sit en yskas tot volgende dag.
Bron en Foto: Petré Van Jaarsveld






