ERNA SE SPINASIESLAAI MET DADELS EN APPEL
( die hoeveelhede kan jy self bepaal)
Was spinasie baie goed en “spin” droog in salad spinner (moenie droog druk NIE- Dit kneus)
Pak gesnipperde spinasie in vlak slaai bak
Pak volgende in law op:
Gesnipperde dadels
Gesnipperse gebraaide spek
Gekapte seldery
Gekapte Pink Lady OF Crisp pienk Apples onder koue water afgespoel
Stukkies gerookte kaas (opsioneel)
Gekapte okkerneute (moenie uitlos uit resep NIE)
Heel laaste- sprinkel gekrummelde fetakaas oor
Slaai sous: Die mayonnaise Moet NIE ‘n suur basis hê NIE / dis n “Soet-Sout” resep
Mayonnaise (SLEGS Nola ULTRA creamy)
Gooi Lyles goue stroop by tot JOU verlangde soet smaak)
Die oorspronklike sous het kondensmelk in ( MAAR ek vervang dit met die stroop anders eet ek die verdekselse res van die kondensmelk op he he.
Hoop jy Geniet Dit!
Nota:
Die oorspronklike resep sê ook dat mens die sous tussen die lae moet gooi , MAAR dan sit mens met ‘n nat ” morsige” slaai as daar oorbly- so ek sit die slaai sous op die tafel en elk een sit vir hulle sous op na gelang
Resep – Erna Welgemoed Bruwer
Foto: Rina Kleinhans – Ek het die seldery uitgelaat, pekanneute en nie rooi appel gebruik nie en my mayonnaise met room en kondensmelk gemaak tot ‘n redelike dik sous wat ek net oorgedrup het… uit die boeke lekker
geskuif