KOBUS SE SEEKOSPOT
2 eetlepel botter
2 groot uie, fyngekap
3 eetlepel fyngekapte knoffel
2½ koppies rys
1 eetlepel growwesout
2 liters kookwater
2 x 350 g pakkies gekapte knopiesampioene
6 soetrissies in rooi, geel en groen
6 kreefsterte, opgesny
500 g ferm vis, in blokkies gesny
1 kg swartmossels, oopgestoom
1 kg calamari-ringe
1 glas droë witwyn
1 teelepel gemaalde swartpeper
1 teelepel skerprissie
sap van ½ suurlemoen
Sit die botter, uie, knoffel, rys en sout in ‘n pot, voeg die kookwater by en kook tot die rys byna gaar is.
Voeg die knopiesampioene en gesnyde soetrissies by en kook tot die rys gaar is.
Skep alles uit die pot.
Skep die kreefsterte en vis in die pot en voeg die swartmossels, calamari-ringe en ‘n glas droë witwyn daarby. Drink die res van die wyn.
Geur die pot met ‘n bietjie swartpeper en skerprissie en druk die suurlemoensap oor.
Skep die rysmengsel bo-op en laat prut vir 20 minute.
Meng alles versigtig in die pot en bedien.
Resep geplaas deur Linda Venter
Foto: Janeske Kotzé








