HEERLIKE AARTAPPELSOP IN ELEKTRIESE STOOMPOT
Resep en foto: Amelia De Villiers
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie repie spek fyn gesny
1-2 uie fyn gekap
Knoffel huisie fyn gekap
7 groot aartappels
1 pakkie van elk sampioenroomsop, hoenderroomsop en wit uiesop
Braai uie, spek en knoffel in bietjie olyfolie of botter tot sag en effe bruin, op “browning setting” in elektriese stoompot, skep uit en hou eenkant.
Stoom 7 groot aartappels in die selfde spek/ui/ knoffel pot met ongeveer 1 liter water vir 20 minute op hoog.
Dreineer meeste van water af in ‘n beker en hou eenkant.
Maak aartappel fyn soos vir “mash” as nodig voeg bietjie van aartappelwater stadig by. Meng tot glad en sonder klonte.
Meng die sampioenroomsop, hoenderroomsop en wit uie sop in 1 liter melk tot glad.
Voeg die melk sopmengsel by aartappels en roer goed deur.
Kap bietjie pietersielie fyn en voeg by die sop.
Geur met sout en peper na smaak.
Prut op “Shimmer setting” vir ongeveer 15-25 minute.
Bedien met heerlike vars brood rolletjies.
Sop het lekker dik tekstuur en voorsien ongeveer 7-8 porsies.








