HEUNINGBOSTEE STROOP
6 sakkies heuningbostee
Ek het so 500 ml baie sterk heuningbostee gemaak. Dit deur n sif gegooi en 1.5 kg suiker saam gekook op medium hitte. Daarna op laagste hitte gekook vir so 5 min.
Dit halfpad laat afkoel en toe ‘n klompie suurlemoensap bygevoeg dat dit nie sandsuiker word nie. Die suurlemoensap het ek nie afgemeet nie.
Foto en resep: Marius de Beer








