

IDEES MET HOENDERBORSIES
Linda Grobbelaar
Ek ontbeen dit. Sit in ‘n mengsel van geklitste eier met melk, bedek dan met koekmeel wat met spices of pakkie uiesop gemeng is. Bak in pan in vlak olie.
Sandre Macleod
stack: on the bottom a portobello mushroom, then small chicken breast, the cut thick disc of tomato then salt n pepper or a herb of your choice like basil or such. cover stack with foil, so u are make a foil parcel. bake in preheated oven at 180ºC for 20-25 min. u can even add mozarella or bocconcini on top for the last five min.
Renet Smit
Heerlike stirfry met rysnoedels of soetsuur hoender met rys
Tina Bruwer
Maak sosaties. Sny borsies in stukkies. Geur met sout en peper. Draai streepspek om. Ryg op sosatiestokke met stukkies gedroogde appelkose tussenin. (of skoongemaakte roosmaryn takke). Marineer in olyfolie en suurlemoensap. Gooi ook gekapte roosmaryn by marinade (as jy nie op roosmaryntakkies jou sosatie gemaak het nie). Braai op kole of bak in oond tot hoender gaar en spek mooi bruin is.
Antionette Botha
Sny die borsie maar nie heeltemal deur nie. Vou hom oop. Kerf ui baie fyn sny groen en swart olywe klein sny mashrooms fyn sny klein blokkies blou kaas as jy nie van blou kaas hou nie gebruik feta kaas. Skep dit in die borsie vou dit toe pak in ‘n bak bedruip met bietjie suurlemoen sap en olyf olie en bak tot gaar. Nou kan jy ‘n kaas of pepper sous maak en dit oor die borsies gooi en bedien saam met slaai
Ianthé Slabbert
Ek laat le dit gewoontlik van die oggend tot die aand in suurlemoensap en dan smeer ek sweet chilli sauce op die hoender en gooi bietjie chicken spice op. Sodra dit uit die oond uit kom dan sit ek so bietjie kaas bo op
Johan Brits
Rol sny brood met ‘n koekroller plat , smeer met bietjie mayo of chutney , sit repie hoender op . Rol nou op en doop in eier . Sit in vlak olie pan met “naat” na onder en braai op medium hitte olie . Draai gereeld . So ” medium hitte. So mini chicken “sausage roll” tipe snack. Die kids is mal daaroor.
Debbie Charlton Cunningham
Cut into cubes. Marinade in a beaten egg, a good splash of brandy or sherry, a tsp salt and a few tablespoons of cornflour. Leave for an hour or so massaging through a few times. Drain off and then toss in flour and dust off. Deep fry until done and light brown. Drain on absorbent paper. Serve with crunchy stir fry and rice or Chinese noodles with sweet and sour sauce.
Mariette Visser
Ek maak graag hierdie Ina Paarman-reseppie: sny fillets oop, strooi genoeg “Green onion seasoning” binne-in. Sit ‘n gevriesde kaasvingertjie (enige soort waarvan jy hou) binne-in en vou toe. Geur die buitekante ook met die Greenonion soutjie en pak in ‘n glasbak. Gooi nou kaassous of sampioensous oor (ek gebruik gewoonlik hier my eie tuisgemaakte souse, maar die gekoopte pakkie klaarsous werk 100%). Krummel so 2 snye vars brood fyn en meng met bietjie gesmelte botter en sout en peper en strooi bo-oor. Bak by 180°C vir 45-60min tot gaar. Vir 1 met lekker skop, gebruik haar Mexikaanse tamatiesousie en skep so lekker lepel daarvan oor elke borsie voor jy die kaassous oorgooi. Uit die boeke uit lekker!
Mariette Visser
Lekker “pulled chicken” in die slowcooker! Sit fillets in die slowcooker saam met ‘n koppie bbq sous van jou keuse (enige braaisous waarvan jy hou sal lekker wees), gemeng met ‘n kwart koppie vinaigrette-soort slaaisous. Sit stuk foelie oor die bak en dan die deksel bo-op. Dis sommer tjoef-tjaf gaar op die manier….so 3 ure. Pluis hoender met ‘n vurk en meng weer met die sous. Gebruik soos jy “pulled pork” sal gebruik. Heerlik saam met koolslaai op ‘n rolletjie!
Carlien Coetzee
My marinade:
1 koppie olyfolie,
sap en gerasperde geel skil van 1 suurlemoen,
goed gekneusde vas roosmaryn (tiemie sal ook werk) en
2.5 ml fyn gemmer.
Meng en laat oornag staan. Slaan die hoenderfillet ‘n bietjie plat en marineer in die sous vir so 2 ure tot jy wil braai. Draai fillette toe in gerookte varkspek-repe (back bacon), steek vas met tandestokkies. Terwyl jy braai, kan jy vars roosmaryntakkies op die kole strooi om die geur in te “rook”. Bedien met ‘n lekker slaai en roosterkoek met vars botter en soet marmelade of heel vyekonfyt.
Lynette Puren
Een blikkie geroomde sampioensop – vee hoenderstukke af en sout en peper en plaas enkel laag in ‘n plat oondskottel. Gooi blik sampioenroomsop bo oor die hoender en een blik water – deksel op of maak toe met foelie en bak by 180 C vir sowat ‘n uur of tot gaar – verwyder deksel/foelie en bak sowat 15-30 min tot hoender verbruin en die sous verdik het (vanself). Bedien met kapok aartappels en ertjies! Dis heerlik! My mamma het dit altyd gemaak vir ons!
Foto: Rina Kleinhans






