KARAMEL VERSIERSEL VAN KITSPOEDING
Resep en foto: Rina Kleinhans
2de foto: Elsa du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het die Karamel versiersel gemaak, maar butter scotch poeding gebruik en dit was regtig heerlik en is oorgenoeg vir vulsel en bo-op ‘n dubbel laag koek of ‘n pankoek. Ek het sjokolade bo-op gerasper , wou room rosies opsit maar dit was vir die manne op die site. Ek kan hierdie versiersel regtig aanbeveel dit is regtig nie so walglik soet nie
1 pakkie karamel kits poeding net so droog
1 blikkie caramel
250 ml room
Gooi alles in die mengbak van jou menger, meng baie goed en vinnig vir 5 min, laat staan vir ongeveer 10 min, meng weer lekker vinnig en smeer op die koek.
Geniet hom.. en lek die vingers ook af
Nota: hierdie versiersel sal baie goed werk in ‘n icing bag op cupcakes
Hierdie resep gebruik vir die koek
https://www.foodloversrecipes.com/2013/05/markdag-plaatkoek/










geskuif
Marieta James
Rina Kleinhans jou resep vir die karamel versiersel is fantasties. Soveel komplimente gekry. Baie dankie daarvoor