Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ‘n standaard-oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ‘n voedselverwerker tot gemeng.
Voeg die water, olie, asyn en vanilla geursel by en pols tot ‘n gladde beslag.
Giet in die oondpan, smeer gelyk en bak vir 20 minute, of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache.
VARIASIE
Vir ‘n vanilla koek variasie vervang die kakao net met maizena
Lewer 24 porsies
Nota: Rina Kleinhans
Ek het hierdie koek nou al verskeie kere gebak met bruismeel met groot sukses vir die oondpan
3.5 koppies bruismeel
3 teelepel bakpoeier
100 ml Kakao
Meng die warm water en olie en meng dit so bietjie bietjie by tot die tekstuur reg is…nie te slap nie maar ook nie styf nie, dit werk vir my regtig baie goed en die koek rys pragtig en is regtig lekker klam.
Versiersel op die pan foto
https://www.foodloversrecipes.com/2015/08/karamel-versiersel-van-kitspoeding/#more-98554
Alberta van Wyk
Sommer die pakkies moirs dubbele mousse aangemaak en die koek bo op versier nadat ek n ganache gemaak en oor die koek se randjie laat afloop het.
So trots op myself! Eerste keer dat ek met die Russian Tips versier en dit was n heerlike speel speel koekversier!
Markdag koek gebak. Gewone icing aangemaak en koek toegesmeer en daarna die icing nog stywer gemaak met nog versiersuiker en toe laat waai met die blommetuin
Alberta van Wyk.













geskuif
Ek bak die koek gereeld en hy is regtig heerlik klam en nie so duur om te maak nie, en veral die vegetariers hou van hom omdat hy nie eier in het nie. Bak hom gerus