MARKDAG PLAATKOEK

bierboks koek louisemarkdag koekmarkdag koek 2tested

MARKDAG PLAATKOEK
Resep geplaas en aangepas deur Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie koek bak perfek in ‘n bierboks of oondpan  – Lees nota onderaan
3 ¼ koppies koekmeel
25 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water (Nie kook water nie)
250 ml kookolie
60 ml asyn
10 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ‘n standaard-oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ‘n voedselverwerker tot gemeng.
Voeg die water, olie, asyn en vanilla geursel by en pols tot ‘n gladde beslag.
Giet in die oondpan, smeer gelyk en bak vir 20 minute, of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache.

VARIASIE
Vir ‘n vanilla koek variasie vervang die kakao net met maizena
Lewer 24 porsies

Nota:  Rina Kleinhans
Ek het hierdie koek nou al verskeie kere gebak met bruismeel met groot sukses vir die oondpan
3.5 koppies bruismeel
3 teelepel bakpoeier
100 ml Kakao
Meng die warm water en olie en meng dit so bietjie bietjie by tot die tekstuur reg is…nie te slap nie maar ook nie styf nie, dit werk vir my regtig baie goed en die koek rys pragtig en is regtig lekker klam.
Versiersel op die pan foto
http://www.foodloversrecipes.com/2015/08/karamel-versiersel-van-kitspoeding/#more-98554

Alberta van Wyk‎
Sommer die pakkies moirs dubbele mousse aangemaak en die koek bo op versier nadat ek n ganache gemaak en oor die koek se randjie laat afloop het.

So trots op myself! Eerste keer dat ek met die Russian Tips versier en dit was n heerlike speel speel koekversier!
Markdag koek gebak. Gewone icing aangemaak en koek toegesmeer en daarna die icing nog stywer gemaak met nog versiersuiker en toe laat waai met die blommetuin
Alberta van Wyk.