


RICE CRISPY TREAT
Lekker Markdag idee vir die kinders of kinder partytjie:
I.p.v. om die koekies in vierkante te sny, druk ronde sirkels met koekiedrukker uit, steek stokkie in en bedien.
Jy kan ook versiersuiker maak en opsmeer met 100 & 1000’s – of selfs royal icing sal lekker werk met die resep.
RICE CRISPIES EN MARSHMALLOW KOEKIES
4 – 5 koppies Rice Crispies
55 ml margarien/botter
30 Marshmallows
5 ml vanilla
Smelt margarien. Voeg marshmallows by em smelt terwyl jy roer oor lae hitte.
Meet rice crispies af in groot mengbak.
Giet warm Marshmellow mengsel oor Rice Crispies. Roer dadelik deeglik deur voor dit afkoel. Krap in gesmeerde bakplaat. Druk gelyk bolangs (moeilik want die Marshmallows maak drade). Los 1 min. Vat groot eetlepel en maak gelyk met die ronde kant van die metaallepel. Kan dan oor paar minute gesny word.
CARAMEL RICE CRISPY KOEKIES
1 blik Caramel Treat
3 Eetlepels margarien
250 g Malvalekkers
6 koppies Rice Crispies
Smelt margarien en malvalekkers oor lae hitte. Klop caramel treat by, klop goed. Meng nou Rice Crispies in. Meng goed. Druk vas in goed gesmeerde pan. Sny in blokkies wanneer gestol. Kan ook in eetbare “cupcakes gesit word of in roomys cones.
Foto: Cecillia van Huyssteen – troukoek







Cecilia van Huyssteen: My nuwe skoonseun is mal oor die marshmallow en rice crispies so ek het n koek vir hulle trou gemaak.