HEERLIKE GEMMERKOEKIES
6 koppies koekmeel
1 koppie margarien
2 koppies suiker
2 eetlepels gemmer
2 eiers
1 koppie goue stroop
3 teelepels koeksoda
¼ teelepel sout
Klits botter en suiker goed dan eiers.
Voeg die stroop, gemmer en koeksoda, aangemaak met 2 eetlepels melk by.
Sif die meel by en meng goed.
Maak balletjies en druk plat in pan.
Ek het ‘n warm oond so ek het dit vir 15 min gebak teen 180°C.
As u oond nie so warm is nie, bak vir 20 min.
Resep en foto: Liaan Talita Gerber