BAKLAVA ALA CLAUDIA
1 pak filo deeg (Phylo pastry),
Vir die stroop:
125gr heuning,
300 gram donker suiker,
2 eetlepels vars suurlemoen sap,
3 eetlepels kaneel en 300 ml water.
Kook alles saam vir so 20 minute en drein die vloeistof in ‘n sif.
Die vulsel:
300 gram pistacho neute,
300 gram walnuts (ek dink in Afrikaans is dit okkerneute)
120 gram wit suiker,
3 teelepels kaneel,
1 teelepel gerasperde suurlemoen skil en 300 ga regte plaas botter.
Toast die neute saam in ‘droe pan en kap fyn sodat die smake en natuurlike olies van die neute vry kom. Smelt botter in ‘pan en dit moet nie kook nie maar net sag word. Smeer laag vir laag die filo deeg met die botter en vul 2de laag in ‘n oondbak wat klaar botter in het met die neute en stroop mengsel. Herhaal dit laag vir laag. Ons verkies 2lae filo pastry en dan neute mengsel en so aan. As daar stroop oor is giet dit net bo oor. Bak vir 40 minute op 140 grade.
Dit is die regte egte Turkse resep
resep: Claudia Bellink
Foto: www.sinbadsweets.com
Nota: Claudia Bellink
Nog ‘n wenk, Pistacho neute is vrek duur, jy kan enige neute mix gebruik solank jy hulle net toast in ‘n droë pan om die smake en natuurlike olies vry te kry wink emoticon Ek gebruik cashew en walnuts of pecan nuts wink emoticon








