MARIETTE SE CHICKEN ALA KING
Ek braai gekapte ui, 3 kleure soetrissie (ek koop sommer daardie bevrore pakkies soetrissie wanneer die varses net te duur is, dit werk verbasend goed) en my sampioene in lekker stukkie botter. Dan gooi ek meel daaroor en maak ‘n “witsous” met die hoender se kookvloeistof (of ‘n hoenderblokkie opgelos in water, wat jy ookal het).
Voeg my hoender by en sodra dit goed warm is, klits ek ‘n eiergeel by room in en roer dit deur die hoender-ala-king. Nou moet dit net nie kook nie, maar laat dit goed warm word. Ek voeg baie keer ook ertjies by (met kinders moet mens mos maar soveel groente inwerk as moontlik!). Bedien dit met rys en ‘n lekker groenslaai! Dis lekker geurig, romerig en glad nie vaal nie. Hierdie maak ook ‘n heerlike vulsel vir pannekoeke!!!
Resep: Mariette Visser








