GEMMER EN LEMOEN ONDERSTEBO-KOEK
Jy kan die lemoen met appels, pere, pynappelringe of bessies vervang.
2 – 3 lemoene, in ringe gesny
gesmelte botter om pan mee te smeer
100 ml suiker of heuning
5 – 10 cm vars gemmer, geskil en gerasper (ek het 5 cm gebruik)
1 koppie bruismeel
½ koppie fyn amandels
1 koppie strooisuiker
1 koppie gesmelte botter
½ teelepel sout
3 eiers
1 teelepel bakpoeier
80 ml melk
skil van 1 suurlemoen, optioneel
Berei jou pan voor deur dit met Spray n Cook te spuit, die bodem met bakpapier te bedek en die gesmelte botter oor dit te smeer.
Sprinkel die 100 ml suiker of heuning eweredig in die pan en rasper die gemmer bo-oor.
Pak dan die lemoenringe netjies bo-op.
Meng nou die res van die bestandele saam totdat dit romerig is en lig is.
Skep oor die lemoenringe in die pan. Bak by 180°C vir 30 – 35 minute in ‘n 23 cm pan of 40 min in ‘n 20 cm pan of tot ‘n mes skoon uitkom. Groter pan gee ‘n laer koek/ meer ‘n tert.
Laat dit effe afkoel en dop dan om op ‘n mooi bord. Bedien met vars room.
Geplaas deur Charmaine Timmerman
Foto’s: Rina Kleinhans
Foto 1 Nota: Ek het nartjies gebruik en heuning dit is regtig baie baie lekker, ek sal dit weer maak.
Foto 2 en 3 nota: Ek het pynappel gebruik met heuning en die suiker met versoeter vervang.
Geskuif