VRUGTIGE HOENDER EN AVOKADOSLAAI
Vleis:
4 rou hoenderborsies, ontvel, ontbeen en in repies gesny
½ koppie avokado olie
sout en grofgemaalde swartpeper na smaak
4 eetlepels heuning
Slaai:
Slaaiblare, gemengde pak slaai kan ook gebruik word
2 avokado’s, in skyfies gesny
1 pakkie aarbeie (250g), ontstingel en gehalveer
1 mango in skyfies gesny of 1 blik mangoskyfies gedreineer
Slaaisous:
½ koppie avokado olie
3 eetlepels witasyn
2 teelepels witsuiker
½ teelepel mosterdpoeier
2 eetlepels heuning
Vleis:
Meng die bestanddele vir die marinade (avokado olie,sout en peper en heuning.)
Plaas die hoenderrepies daarin en laat dit vir 2 ure marineer.
Verhit ‘n bietjie ekstra avokado olie en soteer die hoenderrepies tot gaar.
Slaai:
Pak die slaaibestanddele op ‘n mooi opdienslaaibord……….(avokadostukkies, aarbeie gehalveer en die mangoskyfies)
Skep die gaar hoenderstukkies eweredig bo-op.
Slaaisous:
Meng die bestanddele van die slaaisous en giet dit oor net voor opdiening oor die slaai.
** Die marinade kan ook gebruik word om heel ontbeende hoender te marineer en dan as heel stukke te braai om voor te sit saam met ander bygeregte.
Resep geplaas deur Charmaine Timmerman