

BERTIE SE SKAAPSKENKEL OF BEESSTERT POT
Ek gebruik dit ook vir oxtail ook.
6 groot skenkels,
sout en swart peper na smaak,
1 tl oreganum
plus2 tl paprika.
1 derde kp olyfolie,
2 uie gekap,
2 seldery stingels,
2 wortels in ringetjies gesny,
4 knoffel huisies gekneus,
een blik tamatie en uie,
6 beef stock in 6 kop. Kookwater opgelos,
2 gekneuste bay leaves,
gekapte pietersielie,
een pakkie tamatie puree.
Ek volg die maklikke manier, pak die skenkels of my oxtail in my Casserole bak. Gooi bg bestanddele oor. Bak 3ure by 180grade. Gooi sous af in kastrol, verdik met mazina as sous te sout is. Proe maar, andersins met n pakkie oxtail sous as dit nie te sout is nie. Een koppie rooiwyn kan ook werk. Baie mense hou nie van wyn by hul kos,dis heerlik maar gebruik jou beste rooi wyn. Geniet.
Resep: Bertie DeWet






