TUISGEMAAKTE GOUE STROOP
Bron en foto: Jan Pool Snr
FOOD LOVERS RECIPES
1,2 kg suiker (6 koppies)
15 ml kremetart
750 ml water
Maak nou so: meng suiker, krememetart en helfte van die water.
Kook oor lae hitte tot suiker gesmelt is.
Sit nou op medium hitte en kook tot die verlangde kleur en dikte wat jy soek.
Verwyder van hitte en voeg orige water by en roer deeglik.
As jy ‘n donkerder stroop soek en dikker, kook nog bietjie, maar pasop vir tamaletjie.
Laat bietjie afkoel en bottel en geniet.









Hello daar kosvriende. Het die goue stroop gemaak maar dit is nog heel te loperig. Ek het presies gemaak soos resep se. Alles was reg totdat ek die ander orige water by gevoeg het. Wat nou gemaak? Help asb. Kan ek dit weer kook? Of ander maak en dit byvoeg?
HI Lummie, ek sal dalk nog ‘n keer maak en meng met die ander, maar los die ekstra water. Was dit nogsteeds te loperig nadat dit afgekoel het, want dit is baie slap was dit warm is. Ek hoop jy kom reg. Laat weet ons asb?