ALICHA SE BUTTERNUT SOP
3 klein tot medium Butternuts
2 medium uie opgesny
5-10 ml kerrie
sout na smaak
250 ml room of melk
chicken stock blokkie opgelos in 750ml kook water
Kook die butternuts op en maak fyn
braai die uie in ‘n bietjie olie tot gaar. Voeg dan die Kerrie by en braai vir so 5minute.
Voeg nou die butternut by die uie mengsel
Los die chicken stock op en voeg by die butternut
meng lekker deur
Voeg nou die 250ml room by (die melk kan jy bietjie warm maak voor jy dit bygooi)
Laat prut vir so 15min op lae hitte tot alles lekker deur gekook is.
Indien nodig sit in die food prosessor om nog fyn te maak.
Ek maak die sop gereeld. Dis heerlik en die Kerrie gee ‘n lekker skop. Ek gooi gewoontlik 10ml by. Dit vries ook baie lekker. Ek maak gewoontlik die sop nog fyn dat hy smooth is sommer met ‘n hand blender.
Bron: Elré van den Heever van haar vriendin Alicha