WENK OM HOENDER SAPPIG TE HOU
Probeer die ‘trick’ wat die sjinese gebruik om hoender sag en sappig te hou, maak nie saak wat jy verder doen nie. Voor jy jou hoender kook, klits een eierwit en 1 eetlepel maizena (mielie poeier, corn starch) saam. Lê jou hoender stukkies in die mengsel, roer sodat almal bedek is, en laat staan vir ‘n halfuur. Diepbraai die stukkies in baie warm olie vir minder as ‘n minuut. NB – BAIE BELANGRIK – dit moet letterlik 30 sekondes of so in die olie wees. Dreineer, en gebruik dan verder in jou resep. Ek belowe jou die hoender bly sag en sappig.
Bron: Leonie Overbeek
Foto: Rina Kleinhans – ek het dit al met borsies en stukkies gedoen en dit is regtig opmerklik hoe lekker sappig die hoender bly.