KERSFEES-AARTAPPELSLAAI
Die het ek by ‘n vriendin geleer. Nie my eie resep maar voorwaar n wenner. Dis Kersfeesslaai.
Slaaisous vir aartappelslaai:
1 blik ideal milk
1 blik kondensmelk
250 ml mayonnaise of na smaak
Voeg by:
2 fyngekapte agurkies
1 fyngekapte greenpepper
1 fyn gekapte ui
3 teelepels droë engelse mosterd
sprietuie
vars pietersielie
en so 4 kappertjiesade (capers)(opsioneel)
6 – 8 groot aartappels
Maak sous so 2 dae voor die tyd aan. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.
Kook die aartappels in die skil, koel af en trek skille af.
Sny blokkies en meng soveel van die sous by soos nodig.
Die sous hou baie lank in die yskas.
Die slaai hou ook lank in die yskas. Nuwe jaar sal dit nog smaaklik wees!
BRON – Jacques Marianne Van Niekerk
Dis hoe die slaaisous vir Kersfeesslaai moet lyk. Ek sou voorstel as mens dit dikker wil he om bietjie meer mayonnaise by te sit of om dalk een klein aartappel fyn te maak in die hoeveelheid sous wat jy nodig het. Onthou ook dat die slaai liefs ‘n dag voor die tyd gemaak moet word en so paar keer omgeroer moet word.








