GRIETA SE GROENTEGEREG
500 g klein aartappeltjies
250 g babawortels
250 g vars sampioene
250 g murgpampoentjies
250 g klein geel “patty pans”
500 ml room
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
Cheddar-kaas
Was die aartappels mooi skoon en kook dit halfpad gaar.
Pak dit onder in ‘n vuurvaste oondbak. Pak die worteltjies bo-op.
Sny murgpampoentjies, “patty pans” en sampioene middeldeur en pak dit op die wortels.
Meng die sopppoeier met die room en gooi bo-oor groente.
Sit die deksel of foelie op en bak by 180ºC tot die groente sag is.
Strooi Cheddar-kaas bo-oor en bak vir nog 15 minute in ‘n oond sonder die deksel.
Bedien saam met lekker braaivleis en varsgebakte brood.
Opsioneel:
‘n Pakkie roomspinasie kan oor die groente gestrooi word voordat die room en sop oorgegooi word. Lekker eet.
Foto: Adelaide Bear









Adelaide Bear
Ek het hierdie resep gemaak en saam met bruinrys bedien, as a ” meatless dinner” baie lekker!