FRITTATA OP STOOF
Braai gekapte uie, soetrissies, ertjies, groenbone broccoli, blomkool, (enige groente wat jy van hou, en kies elke keer twee of drie ander soorte om af te wissel) in olyfolie tot lig-gaar.
Klits 3 eiers liggies saam, gooi die eiers oor die groente in die pan, en verlaag hitte.
Roer effe, maar nie te veel nie, laat die eier deurgaar kook en strooi bietjie gerasperde kaas oor.
Laat set vir paar minute, sny in skywe so in pan, amper soos pizza.
Drie eiers en twee soorte groente is genoeg vir een mens vir ‘n aandete, gebruik ‘n klein pan.
Vyf eiers maak genoeg dat jy dan ook so ‘n skyf frittata vir ontbyt kan eet, tot twee dae later, geburik dan die volgende grootte pan.
Jy kan ook bv gemaalde vleis so saam met die uie soteer, of bietjie gaar, oorskiet hoender om ‘n meer vullende aandete te maak, Gaar wors kan ingevoeg word, eintlik enigiets wat jy in die yskas het, enige oorskiet, die gereg kan op 20 maniere gevarieer word. Geniet!
Ps. Vergeet om te se, vanselfpsrekend, sout en peper en enige ander smaakmiddels soos jy daarvan hou. As ek vleis in ‘n frittata sit, bedien ek dit met ‘n bietjie blatjang.
Resep: Mathilda Williams







