

SPINASIE SPEK EN KAAS QUICHE
Deeg:
2,5 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
250 g botter/margarien
2 eiers
knippie sout (ek het die sout uitgelaat en Robertsons se Masterblends Garlic & Herbs kruie bygegooi asook ‘n groot knippie gedroogde rissie vlokkies).
Sif meel, bakpoeier saam, gooi die kruie mengsel by en vryf botter/margarien by meel in totdat dit lyk soos broodkrummels.
Klits eiers met ‘n vurk en voeg by die meel mengsel.
Dit vorm ‘n redelike stywe deeg.
Druk die deeg in oondbak.
Vulsel:
250 ml vars room met 3 groot eiers in geklits
spek, kaas en baba spinasie blare
Braai spek tot amper bros, skep uit en dreineer op kombuis papier.
Braai die jong baba spinasie blare in die spek se vet vir 2min en skep uit en dreineer.
Ek het nie enige ander groente bygesit nie.
Sny die spek in stukke en sit op die deeg.
Skep die spinasie bo-op en strooi ‘n koppie gerasperde skerp Cheddar kaas oor.
Gooi die eier en room mengsel stadig oor die groente en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 45 – 60 min (in my gasoond bak dit 60 min, maar in elektriese oond is dit gewoonlik korter) tot mooi goudbruin bo-op.
Resep en foto: Elsabie Templeton






