BLOMKOOL PIZZA BASIS
Basis bestandele:
1 Medium blomkool kop (blommetjies afgerasper of in voedselverwerker opgekap tot dit soos rys lyk)
2 Eetlepels Griekse dubbelroom joghurt
2 Eetlepels geroomde maaskaas (die dikkerige tipe soos Lancewood of Crystal Valley sin, jy wil nie ‘n waterige maaskaas gebruik nie)
1 Eier (geklits)
1 Eetlepel Italiaanse kruie (gedroog)
Groot knippie knoffel sout
½ Koppie gerasperde Mozzarella kaas
½ Koppie fyn Parmesan kaas
Bolaag bestandele:
½ koppie gerasperde Cheddar kaas
½ koppie tamatie puree
Metode:
Sit die gerasperde fyn blomkool in bak en sit kleefplastiek oor en stoom in mikrogolf by 900W vir 7 minute. Laat effens afkoel en gooi uit op ‘n katoen doek (skoon kombuis afdroog vadoek). Rol op en droog uit soos mens ‘n lap of handdoek uitdroog. Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel water uitkom. Kry soveel as moontlik van die vog uit die blomkool anders sal jou basis nie suksesvol bak nie. Gooi nou die uitgedroogde blomkool in ‘n mengbak en gooi die res van bestandele vir basis by en meng goed. Sit op bakpapier in ‘n pan, papier moet baie goed gesproei of gesmeer wees sodat die pizza nie gaan vassit nie. Smeer die blomkool basis mengsel oor die bakpapier totdat so 5-8mm dik is en geen oop gaatjies in die mengsel is nie. Bak in voorverhitte oond by 230°C vir ongeveer 25min of tot dit effens goudbruin begin word bo. Haal uit die oond en smeer die tamatie puree oor en strooi die Cheddar kaas bo-oor en sit terug in die oond vir paar minute totdat die kaas gesmelt het. Bedien onmiddelik.
RESEP EN FOTO – Elsabie Templeton








