FANTASTIESE UIESLAAI-SLAPHAKSKEENTJIES
Die oorsprong van die resep is onbekend aan my. Ek het by my nig gekry en sy weer by iemand wat hom by iemand wat hom by iemand gekry het, kom seker iewers van die ouma grootjies af!
Ongeveer 1 kg klein uitjies, geskil
2 eiers
¼ koppie wit asyn
½ eetlepel koekmeel
½ koppie suiker
sout en peper
Kook uitjies sag in genoeg water om te bedek. Dreineer en geur met sout en peper. Klits die eiers, asyn, suiker en koekmeel goed saam. Giet in kastrol en meng maar aanhoudend met n whisk. Prut tot verdik. Voeg uitjies by en meng deeglik en laat afkoel. Bottel en hou in die yskas.
Resep geplaas deur – Jacques Marianne Van Niekerk








