TINA SE BANTING BROODJIE
1 koppie amandel/klapper meel
1 koppie gemengde saadjies
60 ml psyllium husks
10 ml bakpoeier
1 teelepel of minder sout
6 eiers
1 koppie Griekse/Bulgaarse (ek het double cream gebruik) jogurt
saadjies vir bo-op
Meng droë bestanddele.
Voeg eiers by en meng goed.
Voeg Jogurt by en meng goed.
Sit bakpapier in pan, smeer goed, gooi deeg in pan.
Gooi bietjie saadjies oor en druk effens vas.
Bak teen 180°C vir 45 – 55 min.
Nota:
Ek het dit by my niggie se dogter gekry, maar self 2 gebak, een met klappermeel en besluit om van my Double Cream Jogurt te gebruik. Die Klappermeel ene se deeg was bietjie fermer as die Amandelmeel s’n. Dis ongelooflik vullend. Baie lekker, maar my man wil dit nie eet nie – te grof vir hom!
Foto en resep: Tina Botha









geskuif