

TARENTAAL STADIG GEKOOK
Gooi kookwater oor die tarentaal, dan trek sy vere maklik uit..
MOENIE die VEL aftrek nie want die Vet sit in die VEL..
Sny die Tarentaal uitmekaar, en pak daai pot..
1 Tarentaal
1 teelepel sout
1 teelepel Olive & Rosemary speserye
1 teelepel Garlic & Herb speserye
1 Teelepel Growwe swart peper
1 groot ui
1/2 koppie Botter, of Olyf olie
2 koppies water
Maak nou n gat in die grond, so 50cm diep, wat net groter as die pot is.
Maak vuur in die gat en laat al die hout uitbrand,
Maak die pot met Foelie toe, en sit dan die deksel op.en sit in die gan (oond)..gooi die pot heel toe met sand, en maak bo op die pot n lekker groot vuur….Vroeg oggend of laat namiddag, laat staan die pot so in die gat tot die volgende oggend toe..
Haal die pot na so 9-12 ure uit, en geniet n SAGTE Tarentaal
Resep en Foto: Stefaans Blaauw






