
JOEY SE BROOD
Neem 1 pak gekoopte brood deeg. sit deeg so 20 minute in vrieskas
2 kop Mozarella kaas en 2 kop fyn bacon bietjie gebraai plus bottel Ranch dressing die wat soos yogurt lyk die driehoek bottels haal uit rol plat nie dun nie sny in repe dan weer dwars om stukkies te kry. Deel die bestandele in 3.
neem gat pan (Ring pan) plaas stukkies koue deeg en bietjie bacon dan Motzerella kaas en gooi van Ranch sous oor herhaal dit 3 keer tot alles op is
Sit in oond op 70 grade met glad wrap oor, na 30 minute sal dit tot bo gerys wees, haal glad wrap af en bak 50 min by 180 grade
Heerlike brood vir braai Die resep was hier op daar was koevertjie ranch dressing poeier maar kon nie kry nie die gewone slaaisous werk by Pick en Pay
Resep van Joey Kotze
Nota:
die brood deeg is in blokkies gesny, nou pak jy brood deeg blokkies onder dan gebraaide spek en dan kaas, gooi bietjie slaaisous oor, en dan herhaal jy die lae 3 keer. laat rys in ‘n warm oond tot vol, haal die kleef plastiek af en bak tot gaar soos die resep se, ek hoop dit help







