

RINIE SE KERRIEBOONTJIES
4 lb groenboontjies gekerf (1.8 kg)
4 groot uie gekerf
1 1/2 koppies asyn
1 eetlepel mosterd
1 1/2 eetlepels maizena
2 eetlepels kerrie
1 1/2 koppies suiker
Kook die boontjies en uie saam met ‘n bietjie sout vir +- ‘n halfuur en dreineer
Voeg dan 1 koppie water by die boontjies en plaas op ‘n warm plaat
Maak ‘n sous van al die ander bestanddele en voeg dit by die boontjies en prut vir 2- 3 min en bottel dit warm
BRON – Rinie Louw






