MIELIE EN BONESOP
Maak sowat 10 liter
1 pak mielies en bone
1 pak spikkelbone
2 uie
3 teelepels pietersielie
3 teelepels braaivleis speserye
1 teelepel paprika
3 gerasperde aartappels
1 pakkie beesstertsop
1 pakkie groentesoppoeier
Skaaprib
Sout en peper na smaak
Skaaprib vooraf in slow cooker gemaak en ontbeen en klein stukkies gesny. Bone eers vooraf geweek in koue water en in slow cooker vir 5 ure. Uie in gewone pot bietjie gebraai en al die ander bestanddele daarby gesit, water by gevoeg en gekook.
Die 2 pakkies soppoeier het ek aangemaak met koue water en dit so 20 min voor sop klaar was by gevoeg en deur gekook.
Resep en foto: – Alta Theart








