PATATKOEKIES IN KARAMELSOUS
My man dink dis heerlik. Hier is resep
Koekies:
250ml koekmeel (ongesif)
25 ml suiker
10ml bakpoeier
250 ml gaar pstats (koud)
1 geklitste eier
50 ml melk
Olie vir braai
Sous:
250 ml suiker
60 ml botter
250 ml melk
250 ml water
25 ml vlapoeier
Sif meel, suiker en bakpoeier saam. Voeg die fyn patats, eier en melk by en meng goed. Skep lepelsvol in matige warm olie en braai goudbruin en gaar. Dreineer op kombuis papier
Sous:
Braai die suiker en botter in kastrol tot goudbruin. Roer die water by en dan die melk. Roer tot alles gesmelt is. Maak vlapoeier met klein bietjie water aan en roer by. Verhit tot dik en gooi oor warm koekies….
Resep en foto – Lizle Koekemoer









geskuif