

MARETA SE OUTYDSE KARRINGMELKPOEDING
Hierdie is ‘n ou gunsteling by menigte Suid-Afrikaners. Jy kan ook ‘n teelepel vanieljegeursel byvoeg om dit ekstra lekker te maak!
1½ eetlepel botter
¾ koppie suiker
3 eiers
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 koppie melk
2 koppies karringmelk
Room die botter en suiker saam, voeg die eiers 1 vir 1 by en klits goed.
Sif die meel, bakpoeier en sout en voeg by.
Maak aan met melk en karringmelk.
Skep in gesmeerde bak. Sit klontjies botter bo-op.
Bak 40 min tot mooi ligbruin bo-op.
Bedien met sitroen- of vye konfyt.
Wenk van Dine van Zyl:
Hierby kan ook 1 teelepel vanilla geursel gevoeg word.
Foto: Juanita Viviers Scheepers






