

ELSIE SE LANCASHIRE HOTPOT
Ek het net skaapnek gevat en dit van die bene af gekook…
toe het ek skaap niertjies skoon gemaak en dit stadig in knoffelbotter gebraai en dit eenkant saam met die skaapnek gesit…
ek het toe uie gebraai met mushrooms en toe bietjie meel by gesit en beef stock om dit te verdik…
natuurlik sout en peper en wat ookal volgens smaak soos wostershire sous..
daarna het ek al die vleis terug gesit by die uie mengsel en dit nog vir so n paar minute gekook…
Ek het ertappels onder in my bak gepak en gestip met botter, daarna die vleis mengsel ingegooi
Kaas bo-oor gestrooi en toe die ertappels in n sirkel gepak…
Ek het dit met gesmelte botter gesmeer en toe gemaak met foelie en in die oond gedruk tot die ertappels sag was..
Toe het ek dit oop gemaak en dit met botter gesmeer tot dit verbruin het…..
Foto en resep: Elsie Jacobs Dreyer
Submitted: Amanda Struwig






