


ROOIBOK RUGBILTONG IN DIE OOND
KOSMAAK is darm maar MAKLIK..???
( Ek sou dit met Bees, fillet ook doen)
+/- 1.2 kg heel Rooibok rugstring
4 eetlepels Woestersous
4 knoffelhuisiesies gesny
1 teelepel Rosemary & Olive speserye
1 Skyf FETTA kaas
1 teelepel Growwe Swart peper
200 Gram BOERBOK BAKON
GEEN SOUT…
Steek die Vleis vol gate met n Breelem mes, en gooi die woestersous oor, daarna die Speserye, en vryf dit lekker oral by al die gaatjies in, en laat le die Feta kaas, en die Knoffel ook in die woestersous mengsel..laat staan vir so 30 minute, en stop dan al die gaatjies met knoffel, en Fetakaas. Draai die vleis nou toe in Bees, BOK, of Skaap BAKON…So bietjie petersielie…net vir die Kleur…
en bak / Grill in die oond vir 30 minute op 180 grade Celsius
BRON – Stefaans Blaauw






